Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kajak
kajak [boodskap #144319] Di, 02 Januarie 2024 18:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kajak
Afbreking: ka•jak


Selfstandige naamwoord: kajak
Meervoud: kajakke, kajaks

Betekenis:
• 'n Geslote kano vir een persoon met 'n dubbelblad-spaan.

Gebruik:
• Aleksander Doba het die Atlantiese Oseaan in 2010 en 2012 met 'n kajak oorgesteek.

Sinoniem:
• Eskimoboot
• Eskimokano
• oemiak

Afgelei:
• kajakresies
• kajakvaarder

Vertaling:
Engels: kayak
Nederlands: kajak


Werkwoord: kajak
Verlede tyd: het gekajak

Betekenis:
• Om met 'n kajak oor die water te vaar.

Gebruik:
• Die man kajak oor die meer.

Vertaling:
Engels: to kayak
Nederlands: kajakken

Nota:
• Die woord is 'n palindroom.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: begroet
Volgende onderwerp: trokbestuurder
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 13:13:22 MGT 2024