skietvoorval [boodskap #144313] |
Sun, 31 December 2023 14:54 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skietvoorval
Afbreking: skiet•voor•val
Samestelling: skiet + voorval
Selfstandige naamwoord: skietvoorval
Meervoud: skietvoorvalle
Betekenis:
• 'n Voorval/insident waartydens wapens afgevuur is.
Gebruik:
• Twee mans is dood en 'n vrou is beseer tydens 'n skietvoorval in die inkopiesentrum se parkeerarea.
Vertaling:
Engels: shooting incident
Nederlands: schietincident
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|