jaagtog [boodskap #144284] |
Fri, 29 December 2023 08:19 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
jaagtog
Afbreking: jaag•tog
Samestelling: jaag + tog
Selfstandige naamwoord: jaagtog
Meervoud: jaagtogte
Verkleinwoord: jaagtoggie
Meervoud van verkleining: jaagtoggies
Betekenis:
• 'n Rit waartydens daar gejaag word, veral deur iemand te agtervolg.
Gebruik:
• Ná 'n woeste jaagtog deur die stad het die blitspatrollie die verdagte op die hoofweg vasgetrek.
Sinoniem:
• agtervolging
• resies
Vertaling:
Engels: chase, pursuit
Nederlands: achtervolging, najagen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|