verneukery [boodskap #144282] |
Fri, 29 December 2023 07:45 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verneukery
Afbreking: ver•neu•ke•ry
Samestelling: verneuk + -ery
Selfstandige naamwoord: verneukery
Meervoud: verneukerye
Betekenis:
• 'n Bedrieglike handeling.
Gebruik:
• Die verdagtes is verhoorafwagtend vir die vermeende verneukery met bankkaarte.
Sinoniem:
• bedrieëry
• bedrog
• foppery
• kullery
• knoeiery
• skelmstreek
• skurkery
Afgelei:
• boereverneukery
Vertaling:
Engels: cheating
Nederlands: verneukerij
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|