Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » " 'n Pass op 'n pap hart" deur DANIE MARAIS
" 'n Pass op 'n pap hart" deur DANIE MARAIS [boodskap #17939] Ma, 28 September 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2174
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
'n Pass op 'n pap hart
Danie Marais

Twee Vrydae gelede toe
-- virrie eerste keer in 'n laaaaang tyd --
maak 'n meisie 'n pass op my --
veral eers na sy gehoor het
dat ek van ver gekom het vir 'n ander vrou.
Sy sê dis wonderlik,
jy't jou hart gevolg.
O, as iemand so iets vir haar sou doen...
Sy sê sy's moeg om Sondae alleen wakker te word.

En ek sê maar ek's dalk bietjie dronk,
maar dit werkie so nie.
Die hart is 'n erdwurm --
jy kan hom nie volg nie.
Jy sny net stukkies wurm af,
aspris of per ongeluk,
en hulle sukkel-wriemel blind "weiter"
in die seesand van kleintyd
in ander tale
in jou ouma se Bybel
in jou ma'le se bedkassie
in ou girl friends se foto's
in ou vriende se bier ...

Ek sê snags assie huise asem-ophou luister,
hoe die maan ou geheime in kat-ore fluister,
weet jy die hart se brûe bly onverbrand,
selfs al woon jy ver in 'n an-
der land.
Vorige onderwerp: Soek Hoek!
Volgende onderwerp: Mandela by Harvard
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 23 07:24:44 MGT 2024