Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » spek
spek [boodskap #144270] Do, 28 Desember 2023 08:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18989
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
spek
Afbreking: spek


Selfstandige naamwoord: spek
Meervoud: spekke

Betekenis:
• Laag vet vet tussen die vel en die vleis van soogdiere soos varke, robbe, walvisse, ens.

Gebruik:
• Ons kry spek en eiers vir ontbyt.

Spreekwoord:
• Hy skiet met spek. [Onwaarhede vertel.]
• Vir spek en boontjies iets doen. [Sommer vir die grap.]
• As kok en koksmaat rusie kry, dan hoor jy waar die spek bly. [Wanneer twee samesweerders rusie kry, openbaar hulle mekaar se geheime.]

Hiponiem:
• pekelspek
• robbespek
• rookspek
• seekoeispek
• varkspek
• walvisspek

Afgelei:
• spekagtig
• spekkerig
• speklaag
• spekrepie
• spekrol
• speksmaak
• speksous
• spekvark
• spekvet
• spekvleis

Vertaling:
Engels: bacon, blubber
Nederlands: spek

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verbasing
Volgende onderwerp: oorwin
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 14:36:15 MGT 2024