Betekenis:
• Die laag vet tussen die vel en die vleis van soogdiere soos varke, robbe, walvisse, ens.
• Gesoute of gerookte varkvleis, tipies in repies van die rug of sye gesny.
Gebruik:
• Walvisse vir vroeër vir hulle spek gejag.
• Ons kry spek en eiers vir ontbyt.
Spreekwoord:
• Hy skiet spek. [Onwaarhede vertel.]
• Om iets vir spek en boontjies te doen. [Sommer vir die grap.]
• Die partytjie was kool sonder spek. [Kêrels sonder meisies en anders om.]
• As kok en koksmaat rusie kry, dan hoor jy waar die spek bly. [Wanneer twee samesweerders rusie kry, openbaar hulle mekaar se geheime.]
Tipe_Roelf Boodskappe: 5 Geregistreer: December 2020
Karma: 1
Junior Lid
Verwys spek net na die vet tussen die vel en die vleis?
Die spek in "Spek en eiers" is mos nie net varkvet en maar is mos "bacon"(repies vark wat vleis en vet[spek] bevat).
Hoe behoort mens tussen die 2 te onderskei sodat ek nie NET VET kry as ek die slaghuis vir spek vra nie?