Latyn [boodskap #144259] |
Wed, 27 December 2023 11:26 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Latyn
Afbreking: La•tyn
Uitspraak: /lɑˈtəɪ̯n/
Selfstandige naamwoord: Latyn
Meervoud: –
Betekenis:
• Taal van die ou Romeine, wat in die Middeleeue die skryftaal in Europa was, en vandag nog in die wetenskap en religie gebruik word.
Gebruik:
• Latyn is een van die amptelike tale van die Vatikaanstad.
Afgelei:
• Latinisme
• Latinisties
• Latyns
Afkorting:
• Lat.
Vertaling:
Engels: Latin
Nederlands: Latijn
Xhosa: isiLatini
Zoeloe: isiLatini
Selfstandige naamwoord: Latyn
Meervoud: Latyne
Betekenis:
• Lid van 'n ou Italiese volkstam in die streek Latium, wat Rome insluit.
Gebruik:
• Die Latyne was 'n Indo-Europese volk wat Italië in omstreeks 1000 v.C. uit die noorde binnegeval het.
Vertaling:
Engels: Latin
Nederlands: Latijn
Xhosa: iLatini
Zoeloe: iLatini
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|