Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » geliefde
geliefde [boodskap #144248] Di, 26 Desember 2023 17:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18989
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
geliefde
Afbreking: ge•lief•de
Samestelling: gelief + -de


Selfstandige naamwoord: geliefde
Meervoud: geliefdes

Betekenis:
• Iemand vir wie 'n mens lief is.

Gebruik:
• Mag jy en jou geliefdes 'n wonderlike Kerstyd hê!

Sinoniem:
• beminde
• hartlam
• liefie
• liefling
• skatlam
• skattie

Vertaling:
Engels: loved one
Nederlands: geliefde


Byvoeglike naamwoord: gelief, geliefd
Attributief: geliefde

Betekenis:
• Vir wie 'n mens innig lief is.

Gebruik:
• Hy het vir sy geliefde vrou 'n bos blomme gekoop.

Antoniem:
• ongeliefde

Vertaling:
Engels: beloved
Nederlands: geliefd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: konsulent
Volgende onderwerp: skinker
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 07:27:30 MGT 2024