vrylik [boodskap #144235] |
Ma, 25 Desember 2023 19:04 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vrylik
Afbreking: vry•lik
Samestelling: vry + -lik
Byvoeglike naamwoord: vrylik
Vergrotende trap: vryliker
Oortreffende trap: vrylikste
Attributief: vrylike
Partitief: vryliks
Betekenis:
• Vry en ongehinderd; sonder inmenging of beperking.
Gebruik:
• Trane van blydskap het vrylik gevloei.
Wisselvorm:
• vryelik
Sinoniem:
• onbelemmerd
• onbewimpeld
• ongehinderd
• openhartig
• vrymoedig
Vertaling:
Engels: freely, liberally
Nederlands: vrijelijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|