nieregeringsorganisasie [boodskap #144233] |
Ma, 25 Desember 2023 17:12 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
nieregeringsorganisasie
Afbreking: nie•re•ge•rings•or•ga•ni•sa•sie
Samestelling: nie- + regeringsorganisasie
Selfstandige naamwoord: nieregeringsorganisasie
Meervoud: nieregeringsorganisasies
Betekenis:
• 'n Organisasie wat nie deel van 'n regering of 'n konvensionele winsgewende besigheid is nie.
Gebruik:
• Die Wêreldnatuurlewefonds is 'n nieregeringsorganisasie wat die beskerming van spesies en landskappe ten doel het.
Sinoniem:
• niestaatsorganisasie
Afkorting:
• NRO
Vertaling:
Engels: non-governmental organization
Nederlands: niet-gouvernementele organisatie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|