tussentyds [boodskap #144227] |
Sun, 24 December 2023 18:41 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
tussentyds
Afbreking: tus•sen•tyds
Samestelling: tussentyd + -s
Byvoeglike naamwoord: tussentyds
Attributief: tussentydse
Betekenis:
• Wat tussendeur gebeur en tydelik/voorlopig is tot die regte tyd daarvoor aanbreek.
Gebruik:
• Die hof het 'n tussentydse bevel toegestaan wat die staking as onwettig en onbeskermd verklaar.
Sinoniem:
• ad interim
• interim
• voorlopig
• tentatief
• tydelik
Vertaling:
Engels: in the meantime, intermediate
Nederlands: tussentijds
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|