pleidooi [boodskap #144226] |
Sun, 24 December 2023 15:17 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
pleidooi
Afbreking: plei•dooi
Selfstandige naamwoord: pleidooi
Meervoud: pleidooie
Betekenis:
• 'n Verdedigend betoog van 'n advokaat voor die regsbank.
• 'n Redenering om iemand van iets te oortuig.
Gebruik:
• In sy pleidooi het die advokaat gestel dat sy kliënt onskuldig is.
• In 1872 het Arnoldus Pannevis 'n sterk pleidooi vir die vertaling van die Bybel in Afrikaans gelewer.
Sinoniem:
• bepleiting
• pleitrede
• pleitskrif
• pleitstuk
• smeekskrif
• verdediging
• verweerskrif
• voorspraak
Afgelei:
• slotpleidooi
Vertaling:
Engels: plea, argument, address
Nederlands: pleidooi
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|