bedrywigheid [boodskap #144223] |
Sun, 24 December 2023 12:17 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bedrywigheid
Afbreking: be•dry•wig•heid
Samestelling: bedrywig + -heid
Selfstandige naamwoord: bedrywigheid
Meervoud: bedrywighede
Betekenis:
• Die toestand van bedrywig en werksaam wees.
Gebruik:
• Oor Kersfees is die winkels 'n miernes van bedrywigheid.
Sinoniem:
• aktiwiteit
• doenigheid
• fluksheid
• roerigheid
• werksaamheid
• woeligheid
Hiponiem:
• boerderybedrywigheid
• boubedrywigheid
• energiebedrywigheid
• oorbedrywigheid
• verrykingsbedrywigheid
Vertaling:
Engels: activity, haste
Nederlands: bedrijvigheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|