skandeer [boodskap #144216] |
Sun, 24 December 2023 08:50 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skandeer
Afbreking: skan•deer
Werkwoord: skandeer
Verlede tyd: het geskandeer
Betekenis:
• Om 'n digitale beeld van iets te vorm.
• Om die oë heen en weer te beweeg om alles waar te neem.
• (ongewoon) Om in versvoete in te deel.
Gebruik:
• Skandeer asseblief die dokument en e-pos dit vir my.
• Haar oë skandeer die bosveld totdat haar blik op 'n bok vasval.
• Hy skandeer die gedig.
Sinoniem:
• aftas
Afgelei:
• skandeerder
• skandeermasjien
• skandering
Vertaling:
Engels: to scan; to sweep
Nederlands: scannen, aftasten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|