snikheet [boodskap #144199] |
Vr, 22 Desember 2023 15:35 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
snikheet
Afbreking: snik•heet
Samestelling: snik + heet (warm)
Byvoeglike naamwoord: snikheet
Attributief: snikhete
Betekenis:
• Intensiewe vorm van warm; intens en drukkend warm.
Gebruik:
• Ná 'n paar snikhete en droë dae kan reën dié naweek plek-plek tot nat en koeler weer aanleiding gee.
Wisselvorm:
• snikkend heet
Sinoniem:
• smoorwarm
• snikwarm
• stikheet
• stikwarm
• swoel
Vertaling:
Engels: smoldering hot, swelteringly hot
Nederlands: snikheet
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|