omkoopgeld [boodskap #144197] |
Fri, 22 December 2023 15:08 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
omkoopgeld
Afbreking: om•koop•geld
Samestelling: omkoop + geld
Selfstandige naamwoord: omkoopgeld
Meervoud: omkoopgelde
Verkleinwoord: omkoopgeldjie
Meervoud van verkleining: omkoopgeldjies
Betekenis:
• Geld om iets oneties te doen of te verswyg.
Gebruik:
• Motoriste wat omkoopgeld aan verkeersbeamptes betaal kan gearresteer en vervolg word.
Sinoniem:
• afbetaling
• duimkruid
• handgeld
• omkoopsom
• smeergeld
• swyggeld
Vertaling:
Engels: bribe money
Nederlands: omkoopsom
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|