ontvanklik [boodskap #144193] |
Thu, 21 December 2023 20:07 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ontvanklik
Afbreking: ont•vank•lik
Byvoeglike naamwoord: ontvanklik
Vergrotende trap: ontvankliker
Oortreffende trap: ontvanklikste
Attributief: ontvanklike
Betekenis:
• Wat gereed is om konsepte en idees te ontvang; vatbaar is vir indrukke;
Gebruik:
• Wees tog ontvanklik vir die smeking van u dienaar en u volk Israel, verhoor tog elke gebed wat hulle tot U rig. [1 Konings 8:52]
Sinoniem:
• beïnvloedbaar
• bereikbaar
• buigbaar
• toeganklik
• vatbaar
Antoniem:
• nieontvanklik
• onontvanklik
Afgelei:
• ontvanklikheid
Vertaling:
Engels: receptive, susceptible, amenable
Nederlands: ontvankelijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|