aksieplan [boodskap #144183] |
Thu, 21 December 2023 12:34 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aksieplan
Afbreking: ak•sie•plan
Samestelling: aksie + plan
Selfstandige naamwoord: aksieplan
Meervoud: aksieplanne
Betekenis:
• 'n Plan van aktiwiteite wat uitgevoer moet word om 'n bepaald doel te bereik.
Gebruik:
• Tydens die konferensie is terugvoer gegee oor die regering se aksieplan om beurtkrag aan te spreek.
Sinoniem:
• werkplan
• werkprogram
Vertaling:
Engels: action plan
Nederlands: actieplan
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|