konferensie [boodskap #144182] |
Do, 21 Desember 2023 12:26 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
konferensie
Afbreking: kon•fe•ren•sie
Selfstandige naamwoord: konferensie
Meervoud: konferensies
Betekenis:
• 'n Groot byeenkoms of vergadering, gewoonlik oor 'n paar dae, waar sprekers toesprake oor bepaalde onderwerpe lewer.
Gebruik:
• Sy praatjie op die laaste dag van die konferensie het gehandel oor die sosio-maatskaplike uitdagings in die landelike gebiede.
Hiponiem:
• leierskonferensie
• ontwapeningskonferensie
• perskonferensie
• premierskonferensie
• rykskonferensie
• sendelingekonferensie
• sendingkonferensie
• spitskonferensie
• streekskonferensie
• telekonferensie
• videokonferensie
• vredeskonferensie
Afgelei:
• konferensieganger
• konferensiesaal
• konferensiesentrum
• konferensietafel
Vertaling:
Engels: conference
Nederlands: conferentie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|