aanklop [boodskap #144180] |
Wed, 20 December 2023 16:11 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aanklop
Afbreking: aan•klop
Samestelling: aan + klop
Werkwoord: klop aan, aanklop
Verlede tyd: het aangeklop
Betekenis:
• Om met die kneukels van die hand teen 'n deur te slaan.
• (figuurlik) Om vir hulp te vra.
Gebruik:
• Iemand klop aan die deur. As jy so laat aanklop, maak ek nie oop nie.
• Hulle het huweliksprobleme gehad en het by 'n berader om hulp aangeklop.
Spreekwoord:
• Aanklop vir iets. [Vir iemand iets vra.]
• By die verkeerde deur aanklop. [Die verkeerde persoon om hulp vra.]
Sinoniem:
• hammer
• slaan
Afgelei:
• aanklopverkoper
Vertaling:
Engels: to knock; to request
Nederlands: aankloppen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|