gelief [boodskap #144174] |
Wed, 20 December 2023 13:35 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gelief
Afbreking: ge•lief
Samestelling: ge- + lief
Byvoeglike naamwoord: gelief, geliefd
Attributief: geliefde
Betekenis:
• Vir wie 'n mens innig lief is.
• Waarvan mense oor die algemeen hou.
Gebruik:
• Sy het haar geliefde man ontydig aan die dood afgestaan.
• Hy is nie besonder gelief nie. Tina Turner was 'n geliefde sanger.
Sinoniem:
• bemind
• dierbaar
• gewild
• populêr
Afgelei:
• geliefdes
• geliefdheid
Vertaling:
Engels: beloved; popular, liked
Nederlands: geliefd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|