kitsvloed [boodskap #144167] |
Wed, 20 December 2023 10:28 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kitsvloed
Afbreking: kits•vloed
Samestelling: kits + vloed
Selfstandige naamwoord: kitsvloed
Meervoud: kitsvloede
Betekenis:
• 'n Vinnige en gevaarlike oorstroming as gevolg van hoë neerslag.
Gebruik:
• 'n Waarskuwing vir hewige donderstorms en kitsvloede is vir Gauteng en dele van Mpumalanga en Noordwes uitgereik.
Sinoniem:
• flitsvloed (anglisisties)
Vertaling:
Engels: flash flood
Nederlands: plotselinge overstroming
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|