omruil [boodskap #144153] |
Di, 19 Desember 2023 13:13 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
omruil
Afbreking: om•ruil
Samestelling: om + ruil
Werkwoord: ruil om, omruil
Verlede tyd: het omgeruil
Betekenis:
• Om die een vir 'n ander te ruil.
Gebruik:
• Hy ruil die pap motorband om.
• Was jy nie dalk omgeruil toe jy 'n baba was nie?
Sinoniem:
• roteer
• uitruil
• verruil
• vervang
• verwissel
• wissel
Afgelei:
• omruilbaar
• omruiling
• omruilery
Vertaling:
Engels: to swap, exchange, interchange
Nederlands: omruilen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|