Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » swoel
swoel [boodskap #144145] Mon, 18 December 2023 13:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
swoel
Afbreking: swoel


Byvoeglike naamwoord: swoel
Vergrotende trap: swoeler
Oortreffende trap: swoelste
Attributief: swoele
Partitief: swoels

Betekenis:
• Wat vogtig, drukkend warm en benoud is.
• (figuurlik) Wat sensueel, selfs eroties en wulps is.

Gebruik:
• Dit was 'n swoel dag.
• Een swoele blik was genoeg vir haar.

Sinoniem:
• bedompig
• broeierig
• drukkend
• snikheet
• verstikkend
• eroties
• sinnelik
• wellustig
• wulps

Afgelei:
• swoelheid
• swoelte

Vertaling:
Engels: sultry, muggy; sensual
Nederlands: zwoel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vassit
Volgende onderwerp: geaardheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Tue Dec 24 01:25:38 UTC 2024