Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Motorkaping (of dalk nie?!)
Motorkaping (of dalk nie?!) [boodskap #17903] Sun, 27 September 1998 00:00
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: February 1998
Karma: 0
Senior Lid
Die volgende stukkie prettigheid uit vandag se...grootste Afrikaanse
Sondagkoerant:

Mnr. Jan van den Berg was verlede week saam met twee van sy plaaswerkers op
pad van Bray na Klerksdorp, toe 'n verbygaande boer sien hoe hy met sy hande
in die lug langs sy bakkie staan. In sy truspieël kon die boer sien hoe twee
swartmans saam met V/d Berg in die bakkie klim en wegry, met een van die
mans agter die stuur. Die verbyganger laat weet toe onmiddellik die polisie
oor sy selfoon van die kaping.

Kort duskant Ottosdal ry die drietal hulle toe in 'n aansienlike polisie
padversperring vas, wat hulle taamlik onseremonieel uit die voertuig
boender, deursoek en aanhou. Dit het 'n hele rukkie geneem vir die magte van
wet en orde om uit te werk dat dit inderdaad V/d Berg se bakkie is, en die
twee ouens saam met hom in sy diens is.

Wat in werklikheid gebeur het, is dat V/d berg 'n pyn in sy bors gekry het,
stilgehou het, en met sy hande bo sy kop gaan staan het om verligting te
kry. Toe hy beter voel, het hy een van sy werkers gevra om verder te
bestuur.

V/d Berg oorweeg 'n eis vir psigiese pyn, vernedering, ens. teen die
polisie...

(OK, nie regtig nie, hy is hoogs beïndruk met die SAPD se flinke optrede!)

Groete

--
Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Vorige onderwerp: Toets!!!!
Volgende onderwerp: NUUS FLITS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 23 14:17:05 UTC 2024