sekte [boodskap #144133] |
Sun, 17 December 2023 11:59 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sekte
Afbreking: sek•te
Selfstandige naamwoord: sekte
Meervoud: sektes
Verkleinwoord: sektetjie
Meervoud van verkleining: sektetjies
Betekenis:
• Groep wat van die algemeen aanvaarde stroming afwyk, dikwels in 'n godsdienstige sin met 'n sterk charismatiese leier.
Gebruik:
• Die Adamiete was 'n vroeë Christelike sekte wat nie klere tydens hulle dienste gedra het nie.
Sinoniem:
• splintergroep
Afgelei:
• sekte-aanhanger
• sektebeweging
• sektegees
• sektehaat
• sektestigter
• sektewese
• sekteywer
Vertaling:
Engels: sect
Nederlands: sekte
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|