oplaag [boodskap #144131] |
Sun, 17 December 2023 09:44 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
oplaag
Afbreking: op•laag
Samestelling: op + laag
Selfstandige naamwoord: oplaag
Meervoud: oplae
Verkleinwoord: oplagie
Meervoud van verkleining: oplagies
Betekenis:
• Die aantal afdrukke/eksemplare wat van 'n boek, koerant, tydskrif, ens. gedruk word.
Gebruik:
• Die huidige oplaag van die boek is reeds uitverkoop.
• Die koerant, met 'n oplaag van sowat 80 000, se sirkulasie is besig om te daal.
Vertaling:
Engels: print run
Nederlands: oplaag
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|