administreer [boodskap #144127] |
Sat, 16 December 2023 17:34 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
administreer
Afbreking: ad•mi•ni•streer
Werkwoord: administreer
Verlede tyd: het geadministreer
Betekenis:
• Om te bestuur, of die inligting vir beheer en bestuur by te hou.
Gebruik:
• Ná die Eerste Wêreldoorlog het die Volkebond Suid-Afrika opdrag gegee om Suidwes-Afrika te administreer.
Sinoniem:
• aanvoer
• beheer
• bestuur
• lei
• organiseer
• regeer
• reguleer
• waarneem
Vertaling:
Engels: to administer, manage
Nederlands: administreren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|