keuring [boodskap #144124] |
Sat, 16 December 2023 09:27 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
keuring
Afbreking: keu•ring
Samestelling: keur + -ing
Selfstandige naamwoord: keuring
Meervoud: keuringe, keurings
Betekenis:
• Die proses van keur/ uitsoek.
Gebruik:
• Matrikulante kan aansoek doen vir keuring by 'n universiteit as hulle hulself verder wil bekwaam.
Sinoniem:
• seleksie
• sifting
• sortering
• uitsoeking
Hiponiem:
• afkeuring
• filmkeuring
• goedkeuring
• personeelkeuring
• saadkeuring
Afgelei:
• keuringsbeleid
• keuringsbeleidsaspek
• keuringsdiens
• keuringsgronde
• keuringsgrondslag
• keuringskommissie
• keuringsmetode
• keuringsonderhoud
• keuringspraktyke
• keuringsprosedure
• keuringsproses
• keuringsraad
• keuringstegniek
• keuringstoets
• keuringstrategie
• keuringsverslag
Vertaling:
Engels: vetting
Nederlands: keuring
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|