aanlê [boodskap #144122] |
Sat, 16 December 2023 08:26 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aanlê
Afbreking: aan•lê
Samestelling: aan + lê
Werkwoord: lê aan, aanlê
Verlede tyd: het aangelê
Betekenis:
• Om te beplan en uit te voer; aanbring, installeer, oprig.
• Om met 'n wapen na 'n teiken te korrel; mik, korrelvat.
• Om 'n boot aan 'n kaai was te maak; vasmeer.
• Om na 'n meisie te vry.
Gebruik:
• Treinspore is aangelê om die vrag na die hawe te vervoer.
• Die vrouens laai terwyl die mans aanlê en skiet.
• Die skip moet voor die storm aangelê word.
• Ek sien Piet lê by Sannie aan.
Afgelei:
• aanlêer
• aanlêhawe
• aanlêpaal
• aanlêplek
Vertaling:
Engels: to lay down; to aim; to moor; to court
Nederlands: aanleggen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|