selfregering [boodskap #144103] |
Fri, 15 December 2023 10:37 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
selfregering
Afbreking: self•re•ge•ring
Samestelling: self + regering
Selfstandige naamwoord: selfregering
Meervoud: –
Betekenis:
• Stelsel waar mense hulle leiers kies en wette maak, sonder dat dit van buite afgedwing word.
Gebruik:
• In 1971 is Bophuthatswana selfregering gegun en in 1977 is onafhanklikheid verklaar.
Sinoniem:
• onafhanklikheid
• outonomie
• selfbestuur
• selfstandigheid
Vertaling:
Engels: self-rule, self-government
Nederlands: zelfregering
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|