Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » leegloop
leegloop [boodskap #144084] Tue, 12 December 2023 08:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
leegloop
Afbreking: leeg•loop
Samestelling: leeg + loop


Werkwoord: loop leeg, leegloop
Verlede tyd: het leeggeloop

Betekenis:
• Om die inhoud geleidelik te verwyder.
• (figuurlik) Om rond te loop en niks goeds te doen nie.

Gebruik:
• Jy moet die reservoir laat leegloop om dit skoon te maak.
• Hy loop al die hele dag leeg.

Sinoniem:
• aftap
• drein
• dreineer
• drooglê
• leegtap
• uitloop
• lanterfanter
• leeglê
• luier
• rondloop
• slenter

Afgelei:
• leegloper
• leeglopery

Vertaling:
Engels: to run empty, drain; to idle, loaf
Nederlands: leeglopen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: inbors
Volgende onderwerp: waterverbruik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Tue Dec 24 12:51:04 UTC 2024