vonnisoplegging [boodskap #144065] |
Fri, 08 December 2023 14:37 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vonnisoplegging
Afbreking: von•nis•op•leg•ging
Samestelling: vonnis + oplegging
Selfstandige naamwoord: vonnisoplegging
Meervoud: vonnisopleggings
Betekenis:
• Die proses om iemand (ná skuldigbevinding) 'n straf op te lê.
Gebruik:
• Tydens die vonnisoplegging het die regter gesê dat hy in sy lewe nog nie so iets teëgekom het nie.
Sinoniem:
• veroordeling
Vertaling:
Engels: sentencing
Nederlands: veroordeling
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|