verbysterend [boodskap #144064] |
Fri, 08 December 2023 14:31 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verbysterend
Afbreking: ver•by•ster•end
Samestelling: verbyster + -end
Byvoeglike naamwoord: verbysterend
Vergrotende trap: verbysterender
Oortreffende trap: verbysterendste
Attributief: verbysterende
Partitief: verbysterends
Betekenis:
• Wat groot verbasing of verwarring veroorsaak.
Gebruik:
• Dit is verbysterend dat mense vandag nog oorlog bo vrede kies.
Sinoniem:
• merkwaardig
• ongelooflik
• onthutsend
• skokkend
• verbasend
• verbasingwekkend
• verbluffend
• verstommend
• wonderbaarlik
• wonderlik
Vertaling:
Engels: mind-boggling, bewildering, baffling, perplexing, puzzling
Nederlands: verbijsterend
Nota:
• Onvoltooide deelwoord van verbyster.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|