terugbel [boodskap #144061] |
Thu, 07 December 2023 13:23 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
terugbel
Afbreking: terug•bel
Samestelling: terug + bel
Werkwoord: bel terug, terugbel
Verlede tyd: het teruggebel
Betekenis:
• Om iemand te bel wat jou vroeër gebel het.
Gebruik:
• Ek kan nie nou praat nie. Ek sal jou later terugbel.
Sinoniem:
• terugskakel
Vertaling:
Engels: to call back, ring back, phone back
Nederlands: terugbellen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|