redder [boodskap #144042] |
Sat, 02 December 2023 19:29 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
redder
Afbreking: red•der
Samestelling: red + -er
Selfstandige naamwoord: redder
Meervoud: redders
Verkleinwoord: reddertjie
Meervoud van verkleining: reddertjies
Betekenis:
• Iemand wat ander red.
• Jesus Christus, die Verlosser.
Gebruik:
• Die redders is vir hulle heldedaad beloon.
• Red my van ondergang, o God, my Redder, dat ek kan jubel oor u verlossingsdaad. [Psalms 51:16]
Sinoniem:
• bevryder
• verlosser
• vrymaker
Afgelei:
• lewensredder
• menseredder
Vertaling:
Engels: rescuer; Saviour
Nederlands: redder
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|