lewensredder [boodskap #144039] |
Sat, 02 December 2023 16:14 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
lewensredder
Afbreking: le•wens•red•der
Samestelling: lewe + -ns- + redder
Selfstandige naamwoord: lewensredder
Meervoud: lewensredders
Verkleinwoord: lewensreddertjie
Meervoud van verkleining: lewensreddertjies
Betekenis:
• Iemand wat opgelei is om drenkelinge van verdrinking te red.
Gebruik:
• Die lewensredder gooi 'n reddingsboei na die spartelende kind.
Sinoniem:
• menseredder
Vertaling:
Engels: life guard
Nederlands: levensredder
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|