reddingsboei [boodskap #144038] |
Sat, 02 December 2023 16:02 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
reddingsboei
Afbreking: red•dings•boei
Samestelling: redding + -s- + boei
Selfstandige naamwoord: reddingsboei
Meervoud: reddingsboeie
Betekenis:
• 'n Drywende ring wat na 'n drenkeling gegooi word om hom/haar bo water te hou.
• (figuurlik) 'n Lewenslyn.
Gebruik:
• Die lewensredder gooi 'n reddingsboei na die spartelende swemmer.
• Die lugdiens het al 'n paar reddingsboeie van die tesourie ontvang.
Verwant:
• reddingsbaadjie
Vertaling:
Engels: lifebuoy
Nederlands: reddingsboei
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|