oorrompel [boodskap #144017] |
Di, 28 November 2023 10:25 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20770 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
oorrompel
Afbreking: oor•rom•pel
Samestelling: oor + rompel
Werkwoord: oorrompel
Verlede tyd: het oorrompel
Betekenis:
• Om iemand onverwags te oorval/oorwin.
• Om te verras sodat iemand nie weet hoe om te reageer nie.
Gebruik:
• Die man is oorrompel en verwurg kort nadat hy sy huis verlaat het.
• Haar sjarme het my totaal oorrompel.
Sinoniem:
• aanval
• kafloop
• onderwerp
• oorkom
• oormeester
• oorval
• oorweldig
• oorwin
• verras
Afgelei:
• oorrompelde
• oorrompeling
Vertaling:
Engels: to overwhelm, take by surprise
Nederlands: overrompelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|