uiteensit [boodskap #144014] |
Mon, 27 November 2023 20:00 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
uiteensit
Afbreking: uit•een•sit
Samestelling: uiteen + sit
Werkwoord: sit uiteen, uiteensit
Verlede tyd: het uiteengesit
Betekenis:
• Om duidelik en in detail te beskryf.
Gebruik:
• Hy het 'n berig geskryf waarin hy sy griewe uiteensit.
Sinoniem:
• aanstip
• artikuleer
• omskryf
• ophelder
• spesifiseer
• toelig
• verduidelik
• verklaar
• uitlê
• uitspel
Afgelei:
• uiteensetting
Vertaling:
Engels: to explain, expound
Nederlands: uiteenzetten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|