noodhulpspan [boodskap #143995] |
Sun, 26 November 2023 08:55 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
noodhulpspan
Afbreking: nood•hulp•span
Samestelling: noodhulp + span
Selfstandige naamwoord: noodhulpspan
Meervoud: noodhulpspanne
Betekenis:
• 'n Span mense wat noodhulp verleen.
Gebruik:
• Die skool se noodhulpspan, wat tot op vlak 1, vlak 2 of vlak 3 opgelei is, sal tydens die sportbyeenkoms op diens wees om ondervinding op te doen.
Vertaling:
Engels: first aid team
Nederlands: noodhulpploeg
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|