aftrede [boodskap #143980] |
Sa, 25 November 2023 09:16 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20770 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aftrede
Afbreking: af•tre•de
Samestelling: aftree + -de
Selfstandige naamwoord: aftrede
Meervoud: aftredes
Verkleinwoord: aftredetjie
Meervoud van verkleining: aftredetjies
Betekenis:
• Die handeling van aftree; die neerlê van 'n amp of betrekking.
Gebruik:
• Hoeveel geld moet 'n mens spaar om genoeg te hê vir jou aftrede?
Sinoniem:
• aftreding
• ampsneerlegging
• emeritaat
• pensioen
• uittrede
• werkneerlegging
Vertaling:
Engels: retirement
Nederlands: pensioen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|