aftree [boodskap #143979] |
Sat, 25 November 2023 08:26 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aftree
Afbreking: af•tree
Samestelling: af + tree
Werkwoord: tree af, aftree
Verlede tyd: het afgetree
Teenwoordige deelwoord: aftredend, aftredende
Verlede deelwoord: afgetreede
Betekenis:
• Om weens ouderdom op te hou werk; die juk/tuig neerlê.
• Om met treë te meet.
Gebruik:
• Ek wil volgende jaar aftree en in 'n huisie langs die see gaan woon.
• Hy tree die erf af om die lengte en breedte te bepaal.
Afgelei:
• aftreefonds
• aftreegeld
• aftreegrens
• aftreehuis
• aftreepakket
• aftree-oord
• aftree-ouderdom
Vertaling:
Engels: to retire, step down, go on pension
Nederlands: aftreden
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|