matriek [boodskap #143975] |
Sat, 25 November 2023 06:49 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
matriek
Afbreking: ma•triek
Selfstandige naamwoord: matriek
Meervoud: matrieks
Betekenis:
• Die eindeksamen van die hoërskool; matrikulasie.
• 'n Leerder in graad 12 wat vir die eksamen leer; matrikulant.
Gebruik:
• Sy het matriek met twee onderskeidings geslaag.
• Die matrieks van 2020 hou 'n reünie.
Afgelei:
• boerematriek
• matriekafskeid
• matriekdans
• matriekeksamen
• matriekjaar
• matriekklas
• matriekleerder
• matriekleerling
• matriekuitslag
Vertaling:
Engels: matric, matriculation; matriculant
Nederlands: eindexamen; –
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|