feesseisoen [boodskap #143959] |
Thu, 23 November 2023 18:31 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
feesseisoen
Afbreking: fees•sei•soen
Samestelling: fees + seisoen
Selfstandige naamwoord: feesseisoen
Meervoud: feesseisoene
Betekenis:
• 'n Lang feestelike tyd, soos oor Desember/ Januarie waar mense op vakansie is, en Kersfees en Nuwejaar vier.
Gebruik:
• Tydens die feesseisoen is daar dikwels 'n verhoging in misdaad en padongelukke.
Sinoniem:
• feesgety
• feestyd
Vertaling:
Engels: festive season
Nederlands: feestelijke seizoen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|