deursnee [boodskap #143941] |
Wed, 22 November 2023 08:11 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
deursnee
Afbreking: deur•snee
Samestelling: deur + snee
Selfstandige naamwoord: deursnee
Meervoud: deursnee
Betekenis:
• Die afmeting in wydte of dikte.
• Die lengte van 'n sirkel se middellyn; diameter.
• 'n Gemiddelde mens of ding.
Gebruik:
• Die selfoon se deursnee is 10mm.
• Bereken die bal se deursnee.
• Die deursneemens kyk daagliks drie uur lank televisie.
Sinoniem:
• deursnit
• diameter
• dwarssnit
• gemiddelde
• middellyn
• profiel
• seksie
• snyding
• snyvlak
• wydte
Hiponiem:
• dwarsdeursnee
• halfdeursnee
• keëldeursnee
• langsdeursnee
• lengtedeursnee
• middeldeursnee
Afgelei:
• deursneeaansig
• deursneemens
• deursneemonster
• deursneeprys
• deursneesyfer
• deursneetekening
Vertaling:
Engels: width, profile; diameter; average
Nederlands: doorsnede
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|