inpalm [boodskap #143921] |
Mon, 20 November 2023 15:19 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
inpalm
Afbreking: in•palm
Samestelling: in + palm
Werkwoord: palm in, inpalm
Verlede tyd: het ingepalm
Betekenis:
• Om iets hand oor hand na jou toe te trek.
• (figuurlik) Om iets toe te eien of in die hande te kry.
Gebruik:
• Die visserman palm die net in.
• Ons span het die beker ingepalm.
Sinoniem:
• aanmatig
• behaal
• bekom
• inoes
• kry
• oorneem
• verkry
• verower
• verwerf
Afgelei:
• inpalming
Vertaling:
Engels: to haul in, rope in
Nederlands: inpalmen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|