spoeltoilet [boodskap #143889] |
Sun, 19 November 2023 07:55 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
spoeltoilet
Afbreking: spoel•toi•let
Samestelling: spoel + toilet
Selfstandige naamwoord: spoeltoilet
Meervoud: spoeltoilette
Verkleinwoord: spoeltoiletjie
Meervoud van verkleining: spoeltoiletjies
Betekenis:
• Toilet wat met water gespoel word, waar die afval deur 'n rioolstelsel afgevoer word.
Gebruik:
• 'n Sensusopname het getoon dat slegs 70,8% van die land se inwoners toegang tot 'n spoeltoilet het.
Sinoniem:
• spoelgemak
• spoellatrine
Vertaling:
Engels: flush toilet, water closet
Nederlands: wc
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|