puttoilet [boodskap #143888] |
Sun, 19 November 2023 07:42 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
puttoilet
Afbreking: put•toi•let
Samestelling: put + toilet
Selfstandige naamwoord: puttoilet
Meervoud: puttoilette
Verkleinwoord: puttoiletjie
Meervoud van verkleining: puttoiletjies
Betekenis:
• Primitiewe toilet sonder water waar die afval direk in 'n diep put inval.
Gebruik:
• 'n Puttoilet moet op 'n entjie van die huis af gebou word, sodat dit maklik bereik kan word, maar nie geruik kan word nie.
Sinoniem:
• dieptroon
• doefpoef
• plonsput
• putlatrine
Vertaling:
Engels: pit toilet, long drop, longdrop
Nederlands: droogcloset
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|